On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Amptenare van Vrystaatse munisipaliteit vandag in hof oor watersituasie

───   TSHEHLA KOTELI 08:26 Wed, 11 Oct 2023

Amptenare van Vrystaatse munisipaliteit vandag in hof oor watersituasie  | News Article

“Onverwerkte rioolvuil word vanaf die plaaslike pompstasies in die Vals- en Vaalrivier gepomp.”

Die saak teen die Moqhaka Plaaslike Munisipaliteit en sy senior bestuur sal vandag in die landdroshof in Kroonstad aangehoor word.

Die senior bestuur sluit in die Direkteur: Tegniese Dienste, Bestuurder: Water en Sanitasie, en waarnemende Munisipale Bestuurder. Patricia Kopane, ActionSA se provinsiale voorsitter, sal die hofsaak bywoon. Sy sê die saak is aanhangig gemaak deur 'n groep gemeenskapslede wat bekommerd is oor die watersituasie in die munisipaliteit. Die Kroonstad Concerned Citizens sal ook teenwoordig wees.

Moqhaka for the People Forum het die klagte teen die munisipaliteit en die betrokke afgevaardigdes ingedien vir die oortreding van art. 151 van die Nasionale Waterwet, 1998 (Wet No. 36 van 1998).

“Die organisasie is ’n groep gemeenskapslede wat bekommerd is oor die invloed van die rioolvuil en ander besoedeling op die omgewing en die inwoners se bestaan.”

Hulle sê enige persoon wat water en waterbronne opsetlik besoedel, moet aanspreeklik gehou word. Hulle is van mening dat water besoedel word omdat onverwerkte rioolvuil vanaf die plaaslike pompstasies in die Vals- en Vaalrivier gepomp word.

OFM Nuus/Tshehla Koteli 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.