On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Parys sukkel al drie weke sonder water

───   TSHEHLA KOTELI 10:47 Wed, 11 Oct 2023

Parys sukkel al drie weke sonder water | News Article

“Sommige ondernemings sal gedwing word om te sluit as die situasie langer so aangaan.”

Inwoners van Parys en omliggende dorpe is al meer as twee weke sonder water.   Buks de Kock, ’n inwoner, sê die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit bied geen oplossings vir die waterprobleme nie en daar is ook nie watertenkers na die gebied gestuur nie. 

Ondernemings en skole word ook negatief hierdeur geraak. “Sommige ondernemings sal gedwing word om te sluit as die situasie langer so aangaan.”


Hy sê die probleem word vererger omdat die waterpype aanhoudend bars. Sodra hulle een pyp regmaak, bars nog een. Soms toets hulle ook nie die pype nadat dit reggemaak is nie.  

Een oggend het De Kock en ander inwoners wakker geword in 'n dam water omdat die munisipaliteit die water begin pomp het sonder om te verseker dat die pyp behoorlik herstel is. “Nou het liters water in die proses verlore geraak,” sê De Kock.

Inwoners kla gereeld oor water en elektrisiteit. Die elektrisiteitsprobleme is egter beter vanweë minder beurtkrag. Hulle het voorheen minstens agt uur per dag beurtkrag gekry en die ander ure het Eskom self toegepas.


Die munisipaliteit het einde September aangekondig sy afvalbestuursaanleg se hooftoevoerkabel is gesteel. “Hierdie kwaadwillige daad het nie net ons bedrywighede ontwrig nie, maar het ook gelei tot 'n beduidende omgewingskwessie,” sê die munisipaliteit.

Die diefstal het verreikende gevolge gehad. Die verlies aan krag na die afvalpomp, 'n belangrike onderdeel van ons aanleg se bedrywighede, het gelei tot die storting van afvalmateriaal. ActionSA het sedertdien ’n saak teen Fikile Malunga, die munisipale bestuurder, aanhangig gemaak en die polisie versoek om die munisipaliteit te ondersoek vir die oortreding van die Wet op Waterdienste.



"Hierdie oortreding spruit uit die munisipaliteit se versuim om besoedeling van die Tokoloho- en Sungat-rioolpompstasie te voorkom, wat uiteindelik ook die Vaalrivier in Parys besoedel."

Die optrede van die munisipaliteit word ook as 'n oortreding van art. 24 en 27 van die Grondwet beskou. Dit waarborg die reg vir almal om in 'n veilige omgewing te bly en om daardie omgewing te beskerm vir huidige en toekomstige geslagte.

Die munisipaliteit is om kommentaar genader.


OFM Nuus/Tshehla Koteli 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.