Central SA
Polisie ondersoek egpaar se moord in noorde van Bloemfontein─── TSHEHLA KOTELI 13:03 Wed, 11 Oct 2023
“Die polisie het die bejaarde man gevind waar hy in ’n plas droë bloed langs die huis se deur gelê het.”
Die polisie in Navalsig ondersoek ’n dubbele moordsaak van 'n bejaarde egpaar in Noordhoek, Bloemfontein.
Thabo Covane, polisiewoordvoerder van die Vrystaat, sê die 77-jarige man en sy 71-jarige vrou is Sondagmiddag (8/10) laas by hul huis gesien. ’n Familievriend het Dinsdag (10/11) die egpaar se huis besoek nadat hy hulle nie telefonies kon bereik nie. “Met sy aankoms was die hekke gesluit, hy het die polisie oor die situasie ingelig en hulle gevra om ondersoek in te stel.”
#sapsFS Navalsig police investigating murder after the bodies of an elderly couple were found inside their home in Ryk Tulbach Street, Noordhoek.
— SA Police Service ???? (@SAPoliceService) October 11, 2023
Info-> WO Shuping Fihla 082 4656 040, #CrimeStop 08600 10111 or #MySAPSApp. NPhttps://t.co/HrcrSJaizX pic.twitter.com/1XOBKLAnIJ
Die polisie het die man gevind waar hy in 'n plas droë bloed langs die huis se deur gelê het. Die vrou se liggaam is in een van die kamers gevind. “Die slagoffers het veelvuldige wonde opgedoen aan hul kop en lyf.” Die polisie vermoed dit is deur ’n stomp voorwerp veroorsaak.
’n Span kundiges is ontbied om die toneel te ondersoek. Paramedici het die egpaar dood verklaar.
“Enigeen met meer inligting kan die ondersoekbeampte Shuping Fihla by 082 4656 040 bel. Inligting kan ook gestuur word na die MySAPS-toepassing of bel die Stop Misdaadnommer 08600 10111.”
