On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noordwes-skole ontvang broodnodige skenkings

───   KEKELETSO MOSEBETSI 09:19 Sat, 14 Oct 2023

Noordwes-skole ontvang broodnodige skenkings | News Article
Foto: Verskaf.

Altesaam 100 lessenaars, 90 stoele, draagbare vullisdromme en vyf bome is Vrydag aan Laerskool Mazista geskenk

Die Noordwes Departement van Onderwys spreek sy diensleweringsagterstande by skole aan deur middel van operasie Thuntsha Lerole. 

Altesaam 100 lessenaars, 90 stoele, draagbare vullisdromme en vyf bome is Vrydag aan Laerskool Mazista geskenk, terwyl LUR Viola Motsumi ook nuwe toilette by Reebone Secondary School in die Borolelo-township naby Swartruggens onthul het. 

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, omgewing, bewaring en toerisme het ook bome aan Laerskole Borolelo en Kgetleng geskenk.

Tydens 'n besoek aan die Laerskool Kirtle het Motsumi gesê die huidige konstruksie by die skool sal help om kwessies van oorvol klaskamers aan te spreek. Sy het ouers verder gevra om matriekleerders te ondersteun, wat net twee weke oor het voor hul eindeksamen.

Noordwes LUR vir Kuns, Kultuur, Sport en Ontspanning, Kenetswe Mosenogi, het sporttoerustings aan die Borolelo, Kgetleng en Mazista Laerskole oorhandig.

OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.