On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Jong Klerksdorp-man kontak familie maand nadat hy getroude vrou sou ontmoet

───   HEIDRÈ MALGAS 12:57 Tue, 17 Oct 2023

Jong Klerksdorp-man kontak familie maand nadat hy getroude vrou sou ontmoet | News Article
James Swanepoel. Foto: Facebook

“Swanepoel wil ongelukkig nie sê waar hy is nie omdat hy vir sy lewe vrees.”

James Swanepoel, wat vandag ‘n maand gelede in Klerksdorp vermis geraak het, het kontak met sy familie gemaak.

Volgens inligting verskaf aan OFM Nuus wil Swanepoel nie sê waar hy is nie omdat hy vir sy lewe vrees.

OFM Nuus het vroeër berig Swanepoel word sedert 17 September vermis en sy familie is rasend van bekommernis. Voor sy verdwyning sou hy ’n getroude vrou met wie hy glo in 'n verhouding was by ’n winkelsentrum in Songloed, Klerksdorp, ontmoet het.

Sy ma, Natasha Swanepoel, sê James het ’n verhouding gehad met ’n getroude vrou en haar man het glo dreigende boodskappe na James op Facebook gestuur. Sy het hom as vermis by die polisie aangegee nadat hulle vir ’n paar dae niks van hom gehoor het nie.

Daar is nog geen verdere inligting oor waar James is nie.

OFM Nuus/Heidré Malgas

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.