On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Harrismith het ná twee weke weer water

───   ZENANDE MPAME 14:28 Thu, 19 Oct 2023

Harrismith het ná twee weke weer water  | News Article
Watertoevoer na Harrismith is herstel, maar die probleem is nie opgelos nie. Foto verskaf

“Die krisis is nog nie verby nie al het Harrismith 70 mm se reën gekry.”

Ná 16 dae is daar sedert Woensdag (18/10) weer water in inwoners van Harrismith se krane. Die probleem het ontstaan omdat die Wilgerivier se watervlak laag is.

Ná goeie reën Maandagaand kon die pompe weer aangeskakel word. OFM Nuus het vroeër berig planne is in werking gestel vir wanneer die Wilgerivier se watervlak daal. Die planne sluit in die pomp van water vanaf die Nuwejaarspruit-pompstasie. Dié pompstasie is jare gelede gevandaliseer en is nog in aanbou.

“Die krisis is nog nie verby nie, al het Harrismith 70 mm se reën gekry,” sê Leona Kleynhans, DA-LPW van die Vrystaat.

"As die rivier se vlak weer daal voor die voltooiing van die opgradering kan ons dieselfde haglike situasie ervaar," sê Eleanor Quinta, DA-raadslid van die Maluti-a-Phofung Plaaslike Munisipaliteit.

Watertenkwaens het intussen water aan die inwoners verskaf.

OFM Nuus/Zenande Mpame

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.