On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Man skuldig aan poging tot moord op baba in Kimberley

───   15:19 Thu, 19 Oct 2023

Man skuldig aan poging tot moord op baba in Kimberley | News Article
Basie Mock van Galeshewe, Kimberley, is tot vier jaar tronkstraf gevonnis.

Die beskuldigde het betrokke geraak in ’n argument tussen sy bure. In ’n poging om in te gryp, het hy ’n klip na die paartjie gegooi maar die ses maande oue baba getref.

Basie Mock (39) van Galeshewe, Kimberley, is tot vier jaar tronkstraf in die streekhof gevonnis nadat hy betrokke geraak het in ’n rusie tussen ’n paartjie. Hul ses maande oue baba het in die proses ’n breinbesering opgedoen.

Molefi Shemane, polisiewoordvoerder, sê die voorval het op 14 Januarie plaasgevind toe Mock betrokke geraak het in die argument tussen sy bure. Hy het ’n klip na die paartjie gegooi maar in die proses die baba getref. 

Die polisiebestuur is tevrede met die vonnis wat aan die oortreder opgelê is.

OFM Nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.