On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vier lede van DA-koukus in Mangaung bedank

───   LUCKY NKUYANE 14:07 Fri, 20 Oct 2023

Vier lede van DA-koukus in Mangaung bedank | News Article
Vier DA-koukuslede in die Mangaung Metro het bedank. Foto: Skermgreep

“Ons is nie in ’n stadium waar ons die prestasie van raadslede beoordeel nie.”

Vier lede van die DA-koukus in Mangaung het uit hul leiersposte bedank. Dit is deur David Masoeu, voorsitter van die DA-koukus, en die raad bevestig. Hy sê partylede het verskillende redes aangevoer vir hul besluit, soos byvooorbeeld om te fokus op sake in hul wyke.

Hy sê al is dit ’n paar maande voor die verkiesing is daar niks vreemd daaraan nie. Hulle is steeds DA-lede maar het gevra om nie te veel poste te beklee nie. Selmé Pretorius van wyk 44 en Johan Pretorius van wyk 48 is van diegene wat uit hul leiersposte bedank het.

“Ons is nie in die stadium waar ons die prestasie van raadslede beoordeel nie. Mense wat aansoek doen, is net mense wat aansoek doen vir nasionale en provinsiale leiersposte en dit het niks met die herverkiesing van raadslede te doen nie,” sê hy.

Kritici meen dat die bedanking van die groep die gevolg is van DA-mislukkings of tekortkominge in die raad. Hy sê die groep voel die druk van die ANC as die regerende party.

Maryke Davies, DA-speaker. Foto: Lucky Nkuyane

Maryke Davies, DA-speaker, is onlangs deur 'n mosie van vertroue as speaker verwyder nadat 'n raadslid van die African Transformation Movement 'n mosie teen haar gebring het.

Ná die uitlekking van die bedanking van die DA-lede is daar bewerings dat 'n woedende Mangaung-koukus deur poligraaftoetse wil bepaal wie dit uitgelek het. Dit het paniek onder partylede veroorsaak.

OFM Nuus het vroeër berig dat Mokgadi Kganakga, raadslid van wyk 47, by Rise Mzansi aangesluit het as 'n provinsiale koördineerder.

OFM Nuus/Lucky Nkuyane

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.