On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Man dood ná beweerde moord op sy vrou in Orkney

───   HEIDRÈ MALGAS 16:46 Mon, 23 Oct 2023

Man dood ná beweerde moord op sy vrou in Orkney | News Article
Ria Jansen van Vuuren. Foto Facebook

“Dit was duidelik dat Ria in ’n gewelddadige verhouding was. Sy is fisiek aangerand en dikwels verbaal mishandel.”

Johannes Jansen van Vuuren, wat na bewering sy vrou, Ria, in Junie op Orkney doodgeskiet het, is op 11 Oktober dood voordat hy weer in die hof moes verskyn het.

Volgens Mike Bolhuis se Specialised Security Services, wat die saak ondersoek, het  Johannes beweer die skietvoorval was ’n ongeluk en dat hy Ria wou wys hoe die vuurwapen werk. Hy sou op 27 November weer voorgekom het. 

“Tydens die ondersoek is familielede, kollegas en inwoners van Orkney ondervra. Dit was duidelik dat Ria in ’n gewelddadige verhouding was. Sy is fisiek aangerand en dikwels verbaal mishandel,”sê Bolhuis.

Die egpaar het voorheen geskei, maar is versoen nadat Johannes belowe het dat hy verander het.

Ria Jansen van Vuuren. Foto verskaf

Bolhuis se span noem dat talle lasterlike bewerings en kommentaar op sosiale media gemaak is.

“ ’n Ongegronde stryery oor die voorval is tussen familielede, vriende en ander partye gevoer. Alle partye word versoek om nie betrokke te raak by hierdie misleidende argumente nie.”

Ria se familie het versoek dat Mike Bolhuis en sy span die ondersoek ondersteun, aangesien hulle nie voldoende terugvoer gekry het nie en nog vrae het oor die moordsaak.

Die oorsaak van Johannes se dood is nie bevestig nie.

Enigeen met inligting kan Mike Bolhuis se ondersoekers by 082 457 4007 of 082 319 4751 bel.

OFM Nuus/Heidré Malgas

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.