On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Lichtenburg se inwoners meer as ’n week sonder elektrisiteit

───   TSHEHLA KOTELI 11:01 Tue, 24 Oct 2023

Lichtenburg se inwoners meer as ’n week sonder elektrisiteit | News Article
Thabo Nkashe, Mayor of the Ditsobotla local municipality. Photo: Supplied.

“Ons vra om verskoning dat [die krag nie herstel] is nie, maar die omvang van die skade is groter as wat aanvanklik vermoed is.”

Lichtenburg en die omliggende gebiede in Noordwes is al dae lank sonder elektrisiteit nadat ’n substasie deur weerlig getref is.

Pius Batsile,  kommunikasiebestuurder van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit, sê in ’n verklaring die munisipaliteit is bewus daarvan dat die kragtoevoer reeds op Sondag (22/10) herstel sou wees. “Ons vra om verskoning dat dit nie die geval is nie, maar die omvang van die skade is groter as wat aanvanklik vermoed is.”

Thapelo Sehemo, speaker van die Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit. Foto: Facebook  

Batsile sê Thabo Nkashe, burgemeester, en Thapelo Sehemo, speaker van die raad, het die substasie Maandagoggend besoek om uit te vind wat die probleem is. Inwoners van 8ste Laan tot 12de Laan het reeds elektrisiteit, maar Agrico, dele van 12de Laan en 13de Laan sukkel steeds nadat een van die kabels gebrand het.  Dit kan egter nog ’n rukkie wees omdat die kabel vervang moet word.


Inwoners is baie ontevrede oor die situasie. Katleho Makgetla het op Facebook op die munisipaliteit se plasing kommentaar gelewer: "Daar is elke dag ’n nuwe verklaring waarin net genoem word dat hulle daaraan werk."

Hannes Kruger vra hoekom is die kabels nie ’n week gelede getoets nie. Hy noem ook dat dit nie nodig was om tot nou te wag voordat hulle die kabels toets nie.

Tshepo Simon is baie ontsteld: “Al die vleis wat ek op die 15de gekoop het moes weggegooi word, wat gaan ek nou eet tot volgende maand? Ek wonder of die burgemeester selfs twee dae sonder elektrisiteit kan oorleef, maar hy sê ons moet ná agt dae geduldig wees ... jy skend ons menseregte.”

OFM Nuus/Tshehla Koteli

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.