Central SA
Midvaal nooi almal om WB-eindstryd in Meyerton te kyk─── TSHEHLA KOTELI 11:08 Wed, 25 Oct 2023
“Ons nooi die hele gemeenskap van Midvaal om saam ons na die WB-eindstryd te komk kyk.”
Die Midvaal-munisipaliteit in Suid-Gauteng nooi almal om Saterdag (28/10) die Wêreldbekereindstryd tussen die Springbokke en die All Blacks in Meyerton te kom kyk.
Thembi Modiba, burgemeesterskomiteelid vir bemeenskapsdienste, sê almal is welkom om die eindstryd in die Fan Park by die Meyerton Sportklub te kom kyk. Mense word van 18:00 toegelaat al begin die wedstryd eers om 21:00. Modiba sê Suid-Afrikaners moet die Springbokke se leuse onthou: Stronger together.

Burgemeester Peter Teixeira het op sy amptelike Facebook-blad die Springbokke gelukgewens dat hulle tot die eindstryd deurgedring het. Die DA het hom ook by ander Suid-Afrikaners aangesluit om die Springbokke sterkte toe te wens.
In nog munisipale nuus het die Lakeside-biblioteek onlangs ’n sogenaamde makerspace ingestel omdat dit kreatiwiteit, innovasie en samewerking bevorder. “Hierdie ruimte sal gebruikers in staat stel om ’n wye reeks moontlikhede te verken insluitende 3D-drukwerk, kodering, artistieke uitdrukking, projekontwerp en robotika.”
