Central SA
#Pinktober-veldtog: Meer as R460 000 reeds vir Kansa ingesamel─── HEIDRÈ MALGAS 16:27 Wed, 25 Oct 2023

“Ons het R460 000 in die bank wat op ons boeke wys.”
OFM se #PinkTober kom amper tot 'n einde met die laaste 'Bowling for Boobies' wat Vrydag in Hartswater gehou word.
Anchen Lintvelt, verkoop- en bemarkingsbestuurder vir OFM, sê die span is vol vertroue dat Hartswater hul hart sal oopmaak sodat hulle die doelwit van R500 000 kan bereik. "Ons het R460 000 in die bank wat op ons boeke wys. Dit maak ons opgewonde om te sien hoe mense hul hart oopmaak," sê sy.
Vandag is die laaste #Pink-Pledge Woensdag. Stuur op Telegram ’n boodskap met die woord 'pinkpledge' na 084 222 9497 en volg die aanwysings. Kom ons sien hoeveel geld ons dié Oktober vir Kansa kan insamel.
OFM Nuus