Central SA
Laerskoolkinders van Christiana siek nadat hulle by snoepie koop─── 15:26 Wed, 25 Oct 2023
Die kinders het glo op pad skool toe iets by die snoepie in die omgewing gekoop.
Noordwes se Gesondheidsdepartement het bevestig dat leerders van die Monthusi Primary School in die township Utlwanang naby Christiana mediese behandeling ontvang het.
Ses kinders is Dinsdag (24/10) na die plaaslike kliniek geneem nadat hulle van naarheid en maagkrampe gekla het. Die kinders het glo op pad skool toe iets by ’n plaaslike snoepwinkel gekoop.
Mphata Molokwane, departementele woordvoerder, het aan OFM Nuus gesê inwoners wou die snoepie ná die voorval toemaak, maar die polisie moet eers toegelaat word om die aangeleentheid te ondersoek.
Die kinders is agt en nege jaar oud en dit sal nie die eksamen beïnvloed nie.
Tebogo Lekgethwane, woordvoerder van die Departement van Gesondheid, sê hulle is vir bae ligte simptome behandel, maar daar is nie toksiologiese toetse gedoen nie.
