Central SA
Noord-Kaap koester hoë verwagtinge vir sy matrieks─── KEKELETSO MOSEBETSI 09:05 Tue, 31 Oct 2023
“Ons het groot verwagtinge en ons weet jy kan dit doen. Jy moet jou ouers trots maak, jou onderwysers trots maak en die provinsie trots maak.”
Die Noord-Kaapse Departement van Onderwys het hoë verwagtinge vir sy meer as 15 000 matrikulante wat reeds met hul eindeksamen begin het.
Die provinsie het 15 673 matrikulante wat geregistreer is vir die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat eksamen. Hiervan is 13 097 voltyds en 2 576 deeltyds.
Zolile Monakali, Noord-Kaapse LUR vir onderwys, het die begin van die eksamen saam met Gideon Oliphant, departementshoof van die Tetlanyo Secondary School in Kimberley, gemonitor. Monakali het beklemtoon dat die provinsie baie hoop het vir die matrieks.

Gideon Oliphant, Departementshoof van die Tetlanyo Secondary School, saam met Zolile Monakali. Foto verskaf
“Net een ding is nou belangrik – jou eksamen. Dit is jou laaste kans om seker te maak jy is suksesvol en jy slaag. Jy is in die Klas van 2023 en jy kan nie deel wees van die klas van 2024 nie. Ons het groot verwagtinge en ons weet jy kan dit doen. Jy moet jou ouers trots maak, jou onderwysers trots maak en die provinsie trots maak.”
Hy sê die matrikulante is beter voorbereid as vorige jare. Daar is 146 NSS-sentrums in die provinsie wat deur provinsiale en distriksamptenare geoudit is.
