Central SA
Tref-en-trap-saak deur Roodepan-polisie ondersoek─── ZENANDE MPAME 13:29 Wed, 01 Nov 2023
“Alle inligting wat ontvang word, sal vertroulik hanteer word.”
Die Roodepan-polisie versoek die publiek se hulp om ’n tref-en-trap-ongeluk op te los wat Sondag (29/10) omstreeks 14:15 in Maitlandweg, Kimberley, plaasgevind het.
Kagisho Bezuidenhout (22) is teen ’n hoë spoed deur ’n wit VW Golf getref toe hy saam met ’n vriend langs Maitlandweg huis toe gestap het. Die bestuurder het weggejaag.
“Die slagoffer is deur die Kimberley-nooddienste na die hospitaal vervoer vir mediese aandag en hy is steeds in die hospitaal,” het Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder, gesê.
Enigiemand met inligting wat kan help om die bestuurder van die motor op te spoor, kan met die polisie in verbinding tree.
OFM News/Zenande Mpame Daphné/Corné/Morné
