Central SA
Vrystaatse LUR waarsku matrieks moenie kul nie─── KEKELETSO MOSEBETSI 11:17 Thu, 02 Nov 2023
“LUR Makalo Mohale het ’n beroep op leerders gedoen om nie digitale toestelle te gebruik om uitgelekte vraestel te deel voor hulle eksamen skryf nie.”
Die Vrystaatse LUR vir onderwys waarsku matrieks moenie kul nie omdat dié provinsie daarna uitsien om die vyfde jaar agtereenvolgens koning te kraai met die hoogste slaagsyfer in die Senior Sertifikaateksamen.

Mxolisi Dukwana, Vrystaatse premier, spoor matrieks van die Kagisho Comprehensive School aan om hard te werk. Foto: Facebook
Makalo Mohale doen ’n beroep op leerders om digitale toestelle te gebruik om uitgelekte vraestelle te deel nie. Leerders wat betrap word dat hulle vraestelle per WhatsApp deel, se uitslae sal weerhou word en hulle sal deur ernstige gevolge in die gesig gestaar word. Hy herinner hulle daaraan om die eed in gedagte te hou wat hulle onderteken het om eerbaar op te tree.

Dukwana hou ’n ogie oor leerders wat Engels skryf by Kagisho Comprehensive School. Foto: Facebook
Mxolisi Dukwana, Vrystaatse premier, het die Kagisho Comprehensive Secondary School in Mangaung Maandag (30/10) besoek om die klas van 2023 aan te spoor. Hy het leerders daaraan herinner dat hulle deel van ’n lang linie trotse mense is wie se toewyding hulle aangevuur het om standpunt in te neem oor die rigting wat hulle wou hê die land moet inslaan.
Mohale het besoek afgelê aan die Ipopeng Secondary School op Winburg waar leerders die eerste Engelse vraestel geskryf het.
Die Vrystaat se matrieks van 2022 het die noot hoog ingesit toe vier distrikte in die Senior Sertifikaateksamen onder die toptien landswyd geplaas is.
Elders in Sentraal-Suid-Afrika het inwoners van ’n nedersetting naby Mahikeng Maandag (30/10) paaie versper, wat die verspeiding van eksamenvraestelle bemoeilik het.
OFM News/Kekeletso Mosebetsi Corné Daphné, Morné (vertaal)


