Central SA
Elektrisiteitsuitdagings: Adjunkminister vra samewerking─── 06:24 Sat, 04 Nov 2023
“Die provinsie is ryk aan minerale soos uraan en na raming 23 miljard kubieke voet aardgas. Dit kan help om Suid-Afrika se energie-uitdagings iets van die verlede te maak.”
Pinky Kekana, Adjunkminister in die Presidensie vir Beplanning, Monitering en Evaluasie, het vandeesweek gepraat op die Energiesekuriteit-indaba wat by Pacofs gehou is.
Abigail Visagie van Bloemfontein Courant het berig die indaba het gefokus op groot energiegeleenthede in die Vrystaat, die bevordering van beleggings in die produksie en verspreiding van energiebronne en die bevordering van ekonomiese groei en werkskepping deur volhoubare energieverskaffing.
Kekana het Donderdag (2/11) ’n beroep op alle sektore in Suid-Afrika en inwoners gedoen om saam te werk om die land se situasie te verbeter wat betref die huidige energie- en elektrisiteitsuitdagings.
The @fsgov's Free State Energy Security Indaba is hosted by Free State Premier, Mr. Mxolisi Dukwana, to position the province as South Africa’s Central Energy Hub, and contribute to the country’s energy security. #FsEnergySecurityIndaba #DpmeAtWork pic.twitter.com/IUqRKQJ0GF
— Pinky Kekana???? (@Pinky_Kekana1) November 2, 2023
“Een van die fundamentele dinge wat ons almal kan doen, is om verantwoordelik te wees en energie te bespaar. Die regering het verskeie energiebesparende metodes in werking gestel. As ’n departement sal ons die besparing van energie monitor veral by openbare instellings soos skole, hospitale en howe.”
Sy het soortgelyke sentimente gedeel as dié van die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, wat die vermindering van koolstofdioksied-vrystellings ondersteun en aanbeveel het om innoverende tegnologieë te ondersoek.
A very successful #fsenergysecurityindaba concludes but networking continues. @fsgov Premier, @dukwana_mxolisi has taken time to visit a number of stalls and continues to engage potential investors and exhibitors. #LeaveNoOneBehind pic.twitter.com/jEVzS0r1wj
— FS Government (@fsgov) November 2, 2023
Dukwana het beklemtoon dat die Vrystaat perfek geposisioneer is om as die energiekern van Suid-Afrika gebruik te word. Hy sê die provinsie is ryk aan minerale soos uraan en na raming 23 miljard kubieke voet aardgas. Dit kan help om Suid-Afrika se energie-uitdagings iets van die verlede te maak.
“Laat ons die besluite wat ons neem danksy hierdie indaba opvolg sodat ons nie onsself en ons kinders in die steek laat nie,” het hy gesê.
OFM Nuus Daphné vertaal/Corné/
