On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Familie tevrede met hofverrigtinge ná wrede aanval op Hennenman-bejaarde

───   KAREN VAN DER BERG 13:20 Tue, 07 Nov 2023

Familie tevrede met hofverrigtinge ná wrede aanval op Hennenman-bejaarde | News Article
Foto: freepik.com

Sy het toe ’n leë wynbottel gaan haal, dit stukkend geslaan en vir Schoeman met stukke daarvan geslaan en gesteek.

Die familie is tevrede met die hofverskyning van die verdagte wat na bewering ’n bejaarde vrou, Lenie Schoeman  (69), van Hennenman herhaaldelik met ’n gebreekte wynbottel aangeval het.

Inwoners is steeds geskok oor die wrede aanval op Saterdag 28 Oktober toe die verdagte, Mary Williams (50), glo in Schoeman se huis binnegestap het en gedreig het dat sy vir Schoeman sou “vrek maak”. ’n Rusie het glo gevolg.

‘Sy het ’n leë wynbottel gaan haal en stukkend geslaan’

Williams het op R1 000 aangedring. Sy het toe ’n leë wynbottel gaan haal, dit stukkend geslaan en vir Schoeman met stukke daarvan geslaan en gesteek. Schoeman se gesig is heeltemal geskend.

Schoeman se dogter Magda Kruger het aan OFM gesê haar ma is steeds baie moeg en sy kry baie swaar. Nog ’n dogter, wat nie haar naam genoem wil hê nie, het gesê haar ma sien nie meer kans om met die media te praat nie, maar die familie is tevrede met hoe die saak hanteer word en met die verloop van die hofverrigtinge.  

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het gesê Williams is ná die aanval in hegtenis geneem en word aangekla van poging tot moord.  Sy het Maandag (6/11) in die plaaslike landdroshof voorgekom waar die saak tot 8 Desember uitgestel is.

OFM Nuus Morné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.