On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Twee vas vir Heidedal kabeldiefstal

───   10:45 Sat, 11 Nov 2023

Twee vas vir Heidedal kabeldiefstal | News Article

Twee verdagtes is vasgekeer in Heidedal vir kabeldiefstal.

Heidedal Buurtwag, in samewerking met die plaaslike polisie en Centlec-ondersoekers, het ’n komplot ontbloot om gemeenskappe met kragonderbrekings te terroriseer.

Centlec het sedertdien die arrestasie van twee verdagtes in Heidedal, Bloemfontein, verwelkom, nadat koperkabel ter waarde van miljoene rande in hul besit gevind is.

Die twee verdagtes, onderskeidelik 33 en 34 jaar oud, is op heterdaad betrap.

Owerhede het leë koperkabelomhulsels ter waarde van ’n geraamde R4 miljoen ontdek. Die omhulsels word gebruik om hoëspanningskabels te bedek.

Die verdagtes sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

OFM-nuus/Christine van Deemter/Dane Beisheim

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.