Central SA
Polisie op toneel van transitorooftog in Bloemfontein – VIDEO─── LUCKY NKUYANE 08:54 Mon, 13 Nov 2023
Die Valke het die misdaadtoneel oorgeneem en fynkam dit vir leidrade en bewysstukke.
Die Vrystaatse polisie het bevestig 'n transito-rooftog het Maandagoggend (13/11) in Bloemfontein plaasgevind.
Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder, het die voorval bevestig. Hy het gesê hy kan egter nie verdere besonderhede oor die voorval bevestig nie aangesien die Valke die misdaadtoneel oorgeneem het en fynkam vir leidrade en bewysstukke. Na wat verneem word, het gewapende verdagtes vroeg Maandagoggend die transitovoertuig oorkant ’n groothandelaar op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat, naby OR Tamboweg, voorheen bekend as Kerkstraat, aangeval.
Intussen het die Valke-woordvoerder, Christopher Singo, die rooftog bevestig en gesê die ondersoekers is tans op die misdaadtoneel. “Meer besonderhede sal gekommunikeer word sodra ons klaar is met die verwerking van die misdaadtoneel,” het Singo gesê.
In dié stadium is dit onduidelik of die rowers enige kontant gevat het en of daar enige noodlottige of ander beserings was.
Buurtwaggroepe het motoriste gewaarsku om verkeersopeenhopings te verwag en om eerder die area te vermy.
Meer nuus sal volg.
OFM Nuus/Lucky Nkuyane Corné
