Central SA
Video wys beseerde sekuriteitswag ná transitorooftog in Bloemfontein─── ZENANDE MPAME 09:56 Mon, 13 Nov 2023
"Owerhede, insluitend die polisie en private sekuriteitsmaatskappye, is tans op die misdaadtoneel op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat in Hamilton, Bloemfontein, besig om dit te fynkam."
Maandagoggend om 06:00 (13/11) het rowers in 'n geldwa in Bloemfontein vasgejaag, die insittendes aangeval en gebombardeer.
Mahlomola Kareli, woordvoerder van die Vrystaatse polisie, het gesê drie veiligheidswagte se wapens is afgeneem en van die geld beroof nadat die verdagtes in hul voertuig op die hoek van Mill- en Vooruitsigstraat in die geldwa vasgery het.
Kareli het ook bevestig dat daar drie keer op die sigbare polisiëringseenheid van Batho se polisievangwa geskiet is – twee skote na die voorruit en een na die enjinkap.
Gelukkig het die bestuurder ongedeerd daarvan afgekom.
Christopher Singo, woordvoerder van die Vrystaat Valke, het bevestig dat ondersoekbeamptes op die toneel is. “Meer besonderhede sal gekommunikeer word sodra ons klaar is met die verwerking van die misdaadtoneel,” het Singo gesê
Die plofstofeenheid ondersoek tans die toneel en neem DNS-monsters.
Daar is nog nie duidelikheid oor beserings in die aanval nie en of iemand al in hegtenis geneem is nie.
Die wrak van die bakkie is in Vooruitsigstraat, net om die draai van OR Tamboweg of Kerkstraat. Daar word beweer dat geld oor die misdaadtoneel gestrooi was.
’n Ooggetuie wat anoniem wou bly, het gesê die rowers was swaar gewapen. Meer nuus sal volg soos wat meer inligting deurgegee word.
OFM Nuus/Zenande Mpame Corné
