On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

‘Geen ambulanse gekoop vir Noord-Kaap in huidige boekjaar’

───   TSHEHLA KOTELI 13:34 Mon, 13 Nov 2023

‘Geen ambulanse gekoop vir Noord-Kaap in huidige boekjaar’ | News Article
Die Noord-Kaap het geen ambulanse in die 2023/24 boekjaar ontvang nie.

“Ambulanse word dus nie aan elke hospitaal toegeken nie.”

Die grootste provinsie in Suid-Afrika, die Noord-Kaap, het geen ambulanse in die 2023/24 boekjaar ontvang nie, terwyl Limpopo 500 ontvang het.

Die Lid van die Nasionale Vergadering, Magdalena Duduzile Hlengwa, het ’n vraag in die parlement gestel oor die aantal ambulanse wat gedurende die huidige boekjaar vir elke provinsie aangekoop is, nadat dit aan die lig gekom het. Volgens die minister van gesondheid, Joe Phaahla, se antwoord is die provinsie wat die laagste aantal ambulanse ontvang het, Noordwes met drie, Mpumalanga met tien en Vrystaat met twintig.

Die gebrek aan ambulanse in die Noord-Kaap is voorheen blameer vir die dood van nege mense op die N1 buite Hanover. Die nege mense is dood nadat 'n taxi en 'n mynvragmotor in 'n ongeluk betrokke was. Vier is op die toneel dood, terwyl vyf in die hospitaal aan beserings beswyk het. Na bewering moes ambulanse vanaf Colesberg en Richmond gestuur word om die pasiënte na De Aar-hospitaal te vervoer.

Ambulanse  is voorheen oorhandig in die Noord-Kaap deur die Premier, Zamani Saul, saam met Gesondheid LUR, Maruping Lekwene. Foto: Facebook

’n Kankerpasiënt in die provinsie is een van die mense wat die woede gevoel het van ’n gebrek aan ambulanse in die provinsie. Ná baie gesukkel om van De Aar na Kimberley vervoer te word, het Quinton Riddle sy behandeling van die Robert Mangaliso Sobukwe-hospitaal ontvang. Baie keer wanneer hy, soos geskeduleer, by die De Aar-hospitaal aangekom het om hom na die groter hospitaal toe te neem, is daar vir hom gesê ’n ambulans of vervoer vir pasiënte is nie beskikbaar nie.

Daar is voorheen berig daar is net drie ambulanse beskikbaar vir Kimberley se bevolking van meer as 400 000. Ná vele krete het die Noord-Kaapse provinsiale premier, Zamani Saul, saam met die LUR vir Gesondheid, Maruping Lekwene, ambulanse en pasiëntvervoer ter waarde van R15 miljoen oorhandig. Die oorhandiging het gedurende die huidige boekjaar plaasgevind – ten spyte daarvan dat Phaahla gesê het geen ambulans is vir die provinsie verkry nie.

Dit bly egter onduidelik of Phaahla se skriftelike antwoord die Nasionale Begroting gedek het en nie die provinsiale nie. Dit moet nog deur OFM Nuus bevestig word.

OFM Nuus/Tshehla Koteli Corné

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.