Central SA
Vermeende transitorower, polisiemoordenaar in Vrystaatse hof─── HEIDRÈ MALGAS 11:18 Wed, 15 Nov 2023

“Die polisie in Limpopo het hul Vrystaatse kollegas ingelig dat Matola, wat gesoek word vir die moord op ’n polisielid, deur hulle in hegtenis geneem is.”
Frimino David Matola van Welkom het in die landdroshof verskyn nadat ’n skietery tussen die polisie en die verdagte uitgebreek het, wat gelei het tot die dood van 'n polisielid.
Matola is op 21 September 2023 in Limpopo in hegtenis geneem vir 'n ander transitorooftog wat in Hoedspruit plaasgevind het.
Three suspected cash-in-transit robbers arrested and four killed during shootout in Hoedspruit https://t.co/Sui47Vk95L#ArriveAlive #Shootout #CIT #Robbery #Hawks pic.twitter.com/vgJYfny7x5
— Arrive Alive (@_ArriveAlive) September 21, 2023
Christopher Singo, Valke-woordvoerder, sê die polisie in Limpopo het hul Vrystaatse kollegas ingelig dat Matola, wat gesoek word vir die moord op ’n polisielid, deur hulle in hegtenis geneem is.
"Die skietery tussen die polisie en Matola het op 6 Desember 2022 omstreeks 22:00 plaasgevind. Lede van die Sasolburgse eenheid vir openbare orde, Bloemfonteinse Taktiese Reaksie-eenheid en Welkom se speurders het ’n ondersoek gedoen oor die verdagte wat op 24 November 2022 na bewering ’n vulstasie in Welkom beroof het," sê Singo.
Hy sê inligting het die polisie na Lesitsastraat in Thabong gelei waar Matola bly. Met hulle aankoms het ’n skietery tussen die polisie en Matola plaasgevind. Sers. Disema Steven Mapane (43) van die Sasolburgse eenheid vir openbare orde is geskiet en is in die hospitaal dood verklaar.
Lede van die Valke in Welkom het Matola in hegtenis geneem nadat hy in Hoedspruit in die hof verskyn het. Die saak van moord teen Matola is tot 21 November 2023 uitgestel.
OFM Nuus/Heidré Malgas Corné/Daphné