Central SA
Sussie die dapper hond is gevind─── HEIDRÈ MALGAS 15:27 Fri, 17 Nov 2023
“Sussie het geen ernstige beserings opgedoen nie.”
Sussie, die viervoetige held van Vanderbijlpark, is gevind en herenig met haar gesin.
Hul nagmerrie-ondervinding het Maandag (6/11) begin toe Kayla Muller, ’n matriekleerling aan die Hoërskool Transvalia, ná haar eksamen by haar ouerhuis in Bernard Pricestraat opgedaag het en deur drie gewapende mans gekonfronteer is.
Vaalweekblad berig Kayla kon ontsnap en haar ouma (85) en die huiswerker waarsku. Die Mullers se Jack Russells, Sussie en Bumper, het Kayla teen die aanvallers probeer beskerm. Die gewapende mans het ’n TV-stel gesteel en daarmee op die vlug geslaan. Dit is toe dat Sussie hulle agternagesit het en nie weer haar weg huis toe gevind het nie.
Vaalweekblad berig Sussie het geen ernstige beserings opgedoen nie. Sy was wel baie moeg en vuil en het bosluise op haar een poot gehad. Twee voetgangers het Sussie in die veld naby die hoofpad agter Vaal Mall gewaar en daarna is daar vinnig tot aksie oorgegaan.
Sussie is weer veilig in haar eienaar Elvin Muller se arms. Foto: Vaalweekblad
OFM Nuus/Heidré Malgas Daphné/Corné/Morné
