On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende Facebook-swendelaars in Orkney-hof verwag

───   ZENANDE MPAME 14:55 Mon, 20 Nov 2023

Vermeende Facebook-swendelaars in Orkney-hof verwag | News Article

“Die gemeenskap word versoek om versigtig te wees wanneer hulle op aanlyn advertensies reageer en om eerder potensiële verkopers of kopers by openbare plekke te ontmoet vir hul eie veiligheid.”

Drie vermeende Facebook-swendelaars verskyn weer môre in die landdroshof in Orkney.

Tebogo Chosi (32), Mpho Pitso (38) en Daniel Rwexane (36) is aangekla van bedrog, roof, aanranding en dat hulle voorgegee het hulle is polisielede. Hulle het ’n pa en sy seun van Mahikeng gelok met ’n Facebook-advertensie vir ’n Toyota Quantum. Die voertuig is te koop aangebied teen R150 000 en hulle het van Mahikeng na Kanana gery om met die potensiële verkoper te vergader.

“Die drie mans word verbind met vier soortgelyke gevalle wat in September en Oktober in Jouberton en Kanana aangemeld is. Die ondersoekbeampte sê hulle doen aansoek om hierdie sake saam te voeg,” sê Adéle Myburgh, polisiewoordvoerder in Noordwes.

‘'Hulle doen aansoek om hierdie sake saam te voeg'’

Die pa het R150 000 met sy banktoepassing na die verkoper se rekening oorgeplaas nadat hy die voertuig by ’n huis in Kanana gewys is. Agt mans, wat hulle as polisielede voorgedoen het, het die slagoffer en sy seun in die lokval gelei.

Hulle het die twee aangeval en hul selfone gesteel. Hulle het die slagoffer se selfoon ook gebruik om vir hulself geld te stuur. Hulle het die slagoffer ook gedwing om sy bankkaarte se PIN te verskaf en het geld by die kitsbank onttrek. Die pa en seun het nadat hulle vrygelaat is die saak by die polisie gaan aanmeld.

Lede van die gemeenskap word versoek om versigtig te wees wanneer hulle op aanlyn advertensies reageer en om eerder potensiële verkopers of kopers by openbare plekke te ontmoet vir hul veiligheid, sê Myburgh.

OFM News/Zenande Mpame  Daphné/Corné

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.