Central SA
Noord-Kaapse inwoners sonder water tydens hittegolf─── TSHEHLA KOTELI 09:00 Thu, 23 Nov 2023
“Watertenkwaens sal met onmiddellike effek na alle gebiede ontplooi word.”
Inwoners van Kimberley en omgewing sal, te midde van ’n hittegolf, tot Saterdag (25/11) sonder lopende kraanwater wees.
Die noodsaaklike opskorting van watertoevoer is Woensdag (22/11) geïmplementeer nadat groot waterlekkasies in verskeie pypleidings ontdek is, het Thabo Mothibi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, gesê. “Watertenkwaens sal met onmiddellike effek na alle gebiede ontplooi word.”
Die munisipaliteit het gesê hy het verskeie grootmaatwatervoorsieningspesialiste genader om waterverlieskwessies, wat deur verouderende infrastruktuur veroorsaak word, te help oplos. Daar word van hulle verwag om watersekuriteit te help waarborg en om onder meer oplossings te bied. Meer as R104 miljoen sal in 2024 beskikbaar gestel word om die pypleiding te herstel en ander watertoevoerkwessies uit te sorteer.
“Ons het die afgelope tyd vordering gemaak om produksieprobleme by Riverton Waterwerke aan te spreek en ons rig nou alle visiere daarop om terugslae in netwerkvoorsiening aan te spreek.”
Mothibi het gesê pypleidings rondom die lekkasies word gedreineer om ook ander lekkasies te herstel. Daarna sal water in die netwerk teruggepomp word. “Ons het die afgelope tyd vordering gemaak om produksieprobleme by Riverton Waterwerke aan te spreek en ons rig nou alle visiere daarop om terugslae in netwerkvoorsiening aan te spreek.
Sol Plaatje het inwoners en ondernemings se verdraagsaamheid gevra. “Hierdie optrede is in die beste belang om watersekerheid te waarborg. Ons is … op ’n bemoedigende 98% Bloudruppel Status, ’n beduidende prestasie in ons strewe om ’n hoë gehalte en voldoende watervoorsiening in die onmiddellike toekoms te waarborg.”
OFM Nuus/Tshehla Koteli Corné
