Central SA
Dapper Sussie van Vanderbijlpark weer blakend gesond─── HEIDRÈ MALGAS 14:08 Thu, 23 Nov 2023
“Die veeartse van Sasolburg het hulle goed van hulle taak gekwyt en Sussie is op en top; sy lyk baie goed.”
Die dapper Jack Russell van die Vaaldriehoek wat dae lank vermis was nadat sy inbrekers agternagesit het, sterk tuis aan ná behandeling vir bosluiskoors.
Sussie is Woensdag (22/11) ontslaan nadat ’n Sasolburgse veearts haar Sondag (19/11) opgeneem het. Sy sterk goed aan en het Vrydag ’n opvolgafspraak om haar vordering te monitor, sê Elvin Muller, haar eienaar.
“Die veeartse van Sasolburg het hulle goed van hulle taak gekwyt en Sussie is op en top; sy lyk baie goed.”
Sussie is Vrydag (18/11) in die veld naby die hoofpad agter die Vaal Mall gekry ná ’n intensiewe soektog. Sy het weggeraak nadat sy haar ounooi, Kayla Muller, probeer beskerm het toe drie gewapende mans Kayla Maandag 6 November ingewag het nadat sy tuisgekom het van ’n eindeksamenvraestel by die Hoërskool Transvalia.
Sussie het die drie agternagesit toe hulle met ’n televisiestel uit Kayla se ouerhuis in Bernard Pricestraat, Vanderbijlpark, gevlug het.
Hulle verkeer nog op vrye voet.
OFM Nuus/Heidrè Malgas Corné/

