On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Laurika
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat Dressuurkampioenskap vind die naweek in Bloemfontein plaas

───   HEIDRÈ MALGAS 12:08 Fri, 24 Nov 2023

Vrystaat Dressuurkampioenskap vind die naweek in Bloemfontein plaas | News Article
Die 2023 Vrystaatse Dressuurkampioenskappe vind in Bloemfontein by Bains Equestrian Park plaas. Foto verskaf.

“Dressuur is ’n vertoning van presisie, harmonie en gehoorsaamheid tussen die ruiter en die perd, wat ’n reeks vooraf bepaalde bewegings uitstal.”

Presisie, harmonie en gehoorsaamheid voer hierdie naweek die botoon wanneer ruiters uit alle dele van die land aan die Vrystaatse Dressuurkampioenskap op Bains Equestrian Park in Bloemfontein deelneem.

Runé Edeling, organiseerder en mede-eienaar van Bains Equestrian Park, sê dressuur is sedert 1912 ’n Olimpiese sportsoort. Die hoogste klas wat by die Spele in dressuur gery word, is bekend as “Grand Prix” en die “Grand Prix Freestyle to Music/Musical Kur”.

“Dressuur is ’n vertoning van presisie, harmonie en gehoorsaamheid tussen die ruiter en die perd, wat ’n reeks vooraf bepaalde bewegings uitstal,” sê sy. Die beoordelaars gee punte wanneer hierdie bewegings uitgevoer word.

Bains Equestrian Park. Foto verskaf

Die perd en ruiter voer ’n vooraf geskrewe roetine uit op die maat van musiek van hul keuse, wat die ritme en harmonie van die perd pas en wat ’n voorgeskrewe lys bewegings insluit. Die ruiters het die vryheid om hul eie choreografie te ontwerp.

Edeling sê iemand wat uitstaan van die Vrystaat is Chrismie Venter. Sy is in Bloemfontein gebore en woon in die stad. Sy is die eienaar van GPR Dressuur, ’n plaaslike stalwerf. Sy ry in die Vrystaatse kampioenskap op Leonore Visser se merrie, wat ingevoer is uit Duitsland.

Edeling het die Vrystaat in die SA kampioenskap verteenwoordig en ry die derde hoogste klas in die Vrystaat kampioenskap, naamlik Small Tour Intermediate.

2022 se wenners van die Vrystaatse Dressuurkampioenskap. Foto verskaf.

Edeling sê iemand wat uitstaan van die Vrystaat is Chrismie Venter. Sy is in Bloemfontein gebore en bly in die stad. Sy is die eienaar van GPR Dressuur, 'n "livery yard" hier in Bloemfontein. Sy ry op Leonore Visser se ingevoerde Duitse merrie.

Sy het ook Vrystaat by die SA Kampioenskap verteenwoordig en ry die 3de hoogste klas by die Vrystaat Kampioenskap (Small Tour Intermediate).

’n Warm Vrystaatse verwelkoming wag ook op die Wes-Kapenaar Nichola Mohr, die nuutgekroonde Suid-Afrikaanse Grand Prix nasionale individuele kampioen en die Freestyle to Music-dressuurkampioen, wat hierdie naweek meeding.

Meer as 50 ruiters en 64 perde neem van Vrydag (24/11) tot Sondag (27/11) deel aan die Vrystaat kampioenskap. Daar is geen toegangsgeld nie; almal kan kom kyk, en kos- en drinkgeriewe is beskikbaar.


OFM Nuus             Daphné

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.