On Now
Weekends 20:00 - 22:00
Sunday Night OFM
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Polisie in Ficksburg kort hulp met 2 moordsake

───   ZENANDE MPAME 12:43 Mon, 04 Dec 2023

Polisie in Ficksburg kort hulp met 2 moordsake  | News Article

“Die slagoffer se identiteit sal bekend gemaak word sodra haar naasbestaandes in kennis gestel is.”

’n Vrou, vermoedelik in haar dertigs, is Vrydag (1/12) dood in ’n oop stuk veld langs die Ficksburg-tronk gevind. Sy het ’n rooi rok aangehad en het verskeie steekwonde opgedoen.

Die polisie vra enigeen wat meer inligting oor die moord het om die  Ficksburg-polisiekantoor te kontak. “Enige hulp sal waardeer word sodat hierdie saak opgelos kan word en die verdagte gearresteer en skuldig bevind kan word,” sê Mmako Mophiring, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

‘Sy het ’n rooi rok aangehad en het verskeie steekwonde opgedoen’

’n Bewaarder wat by die tronk aan diens was het ’n vrou om hulp hoor skree en toe hy gaan ondersoek instel het sy nog gelewe. Hy het die polisie en nooddienste ontbied. Met hul aankoms is die vrou op die toneel dood verklaar.

“Die identiteit van die slagoffer is bekend omdat haar vriendin gekom en bevestig het dat sy ’n inwoner van die Meqheleng-township in Ficksburg is.”

In ’n ander geval is die ontbinde liggaam van ’n onbekende man Donderdag (30/11)  in ’n dam by die Ficksburg-gholfklub gevind. Hy is  moontlik tussen 15 en 25 jaar oud.

‘Die ontbinde liggaam is in ’n dam gevind'

Toe die polisie op die toneel aankom, het hulle ’n plastieksak gevind wat op die water dryf. Hulle het die liggaam van ’n onbekende man ontdek. Hy was geklee in ’n groen T-hemp, jeans en wit tekkies. “Die polisielede het ’n baksteen in dieselfde plastieksak gevind,” sê Mophiring.

OFM Nuus/Zenande Mpame     Daphné/Corné



@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.