On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Pulane
Listen Live Streams

Central SA

Hartswater-man wat swanger vriendin doodsteek, dood aangetref

───   HEIDRÈ MALGAS 05:00 Wed, 06 Dec 2023

Hartswater-man wat swanger vriendin doodsteek, dood aangetref | News Article

“Die beskuldigde is dood aangetref in die aanhoudingselle by die Hartswater-polisiekantoor.”

’n Man van Hartswater in die Noord-Kaap, wat daarvan beskuldig word dat hy sy swanger vriendin om die lewe gebring het, is dood aangetref in die aanhoudingselle by die Hartswater-polisiekantoor.

Dit is nog nie bekend hoe hy gesterf het nie, sê Mojalefa Senokoatsane, NVG-woordvoerder, wat die voorval bevestig het.

OFM Nuus het vroeër berig Sobressa Bosman (27) het in die Hartswater-distrikshof voorgekom op ’n aanklag van moord.

“Bosman is beskuldig van die steekdood van Faith Davids, sy swanger, 29-jarige vriendin,” het Senokoatsane gesê. Die oorledene was na bewering omstreeks 03:30 op 25 November by ’n niggie se huis op pad terug vanaf ’n plaaslike kroeg. Kort daarna het die beskuldigde by hulle aangesluit en ’n rusie het ontstaan.”

Tydens die bakleiery het die beskuldigde sy vriendin meermale gesteek. Die slagoffer is hospitaal toe geneem, waar sy dood is. Die saak is by die polisie aangemeld en die beskuldigde is in hegtenis geneem.

OFM Nuus/Heidré Malgas CG

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.