On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Kerssang bring vreugde vir siekes in Bloemfontein – VIDEO

───   ELSABÉ DE JAGER 10:02 Fri, 08 Dec 2023

Kerssang bring vreugde vir siekes in Bloemfontein – VIDEO | News Article
In Desember 2022 het dokters, verpleegsters en algemene personeel van Mediclinic Bloemfontein Kersliedere vir pasiënte gesing. Foto: Facebook/Skermgreep

“Ek onthou die dae op Hobhouse waar my predikantpa jaarliks tydens Kersfees ons kinders op ’n vragmotor gelaai het. Ons het deur die dorp gery en vir die oumense gesing.”

Daisa van Rensburg Gouws, organiseerder van vanjaar se Kerssangaand voor Mediclinic Bloemfontein, praat geesdriftig oor die geleentheid om vir siekes, wat hul Kerstyd in die hospitaal deurbring, vreugde te bring. Bloemfonteiners kry die geleentheid om Vrydagaand (8/12) voor die hospitaal te ontmoet en spontaan saam te sing vir elke pasiënt, asook dokter en verpleegster wat na hulle omsien.

Francois Hefer, wat vir die sang se begeleiding verantwoordelik sal wees, nooi alle belangstellendes uit om ’n eie musiekinstrument saam te bring en deel te wees van ’n begeleidingsgroep wat spontaan sal sorg dat die sang duidelik hoorbaar is binne die hospitaal. Bekende Kersliedere sal gesing word.


“My liefde vir samesang is gebore in my kindertyd. Ek onthou die dae op Hobhouse waar my predikantpa jaarliks tydens Kersfees ons kinders op ’n vragmotor gelaai het. Ons het deur die dorp gery en vir die oumense gesing.”

Van Rensburg Gouws dink terug aan die vorige geleentheid in 2021. ’n Beperkte groep sangers het toe ook bymekaargekom en op ’n roerende wyse hulde gebring aan die hospitaalpersoneel wat dae aaneen gewerk het om siekes te versorg en families by te staan. Sy glo Vrydagaand se sang sal ook hoop bring aan elkeen wat hierdie tyd in die hospitaal moet wees. 

OFM Nuus/Elsabé de Jager  dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.