Central SA
Suster Tokkie van Niekerkshoop vereer vir haar onbaatsugtigheid─── KEKELETSO MOSEBETSI 08:15 Fri, 15 Dec 2023
Fourie is op 13 Desember 2023 bekroon met die Marylin Lehana Trust Caring-toekenning.
’n Noord-Kaapse verpleegkundige wat onlangs afgetree het, is vereer op die verplegingsvakbond Denosa se nasionale toekennings.
Suster Huilbrecht Fourie het in September ná 42 jaar afgetree. Sy was bekend as sr. Tokkie en was die operasionele bestuurder by die Niekerkshoop-kliniek in die Pixley ka Seme-distrik, asook ’n kliniese personeellid. Fourie is Woensdag (13/12) bekroon met die Marylin Lehana Trust Caring-prys deur die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid.
‘Die beste een uit elke provinsie word gekies om nasionaal te verteenwoordig’
Fourie word beskryf as ’n verpleegkundige wat haar werk met trots gedoen het en ander geïnspireer het om hard te werk om die gemeenskap te dien. Die eerbewyse word jaarliks toegeken om verpleegsters landwyd te vier vir hul toewyding, onbaatsugtigheid en die versorging van pasiënte.
Hulle word deur hul kollegas benoem en die beste een uit elke provinsie word gekies om nasionaal te verteenwoordig. Die toekenning is vernoem na wyle suster Marylin Lehana, 'n Johannesburgse verpleegster, wat die Ebola-virus in 1996 opgedoen het. Sy het ’n pasiënt versorg wat dit in Gaboen opgedoen het.
