Central SA
Kimberley sukkel steeds met waterprobleme─── 08:35 Mon, 25 Dec 2023
Op Kersdag is die inwoners ingelig dat die waterprobleme gaan voortduur.
Inwoners van Kimberley is sonder water weens probleme met die verouderde infrastruktuur. Op Kersdag is die inwoners ingelig dat die waterprobleme gaan voortduur nadat hulle reeds dae sonder enige water was. Thabo Mothibi, woordvoerder van die Sol Plaatje-munisipaliteit, sê herstelwerk is in die omgewing van Riverton voltooi nadat ’n pyp gebars het.
Hy sê die watertoevoer is Maandag herstel in Club 2000, Platfontein, Phutanang, Soul City, Roodepan en John Daka. Gebeurlikheidsplanne is getref vir Kimberley en die voorstede. Mothibi sê die munisipaliteit vra inwoners om verskoning vir die waterprobleme
OFM Nuus dg
