Central SA
Stilfontein se burgersentrum beskadig ná swaar reën─── 09:09 Thu, 28 Dec 2023
“Drie gesinne wat woonstelle naby die burgersentrum huur is ook hierdeur geraak.”
Swaar reën het Dinsdag (26/12) groot skade aangerig in dorpe in die Matlosana-munisipaliteit.
Die burgersentrum op Stilfontein is veral erg beskadig. Die munisipaliteit se brand-en-reddingspan was vinnig op die toneel om die situasie te hanteer.
Ntswaki Makhetha, munisipale woordvoerder, het aan OFM Nuus gesê dat veral die dak van die westelike vleuel beskadig is. Drie gesinne wat woonstelle naby die burgersentrum huur, is ook hierdeur geraak.

Alternatiewe verblyf is gereël vir die gesinne in die woonstelle wat beskadig is. Foto verskaf
Die munisipaliteit sê die eienaar van die woonstelle het ’n kontrakteur aangestel om skade te herstel wat deur die reën veroorsaak is.

Die westelike vleuel van die burgersentrum in Stilfontein se dak is die ergste beskadig. Foto verskaf
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku dat nog swaar reënbuie in die Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes kan uitsak.
OFM NUUS/Joba Matsheng dg
