On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

5 vermeende veediewe in Noordwes aangekeer

───   11:02 Tue, 02 Jan 2024

5 vermeende veediewe in Noordwes aangekeer | News Article
Tien Bonsmarabeeste is glo op diep plaas Palmietfontein naby Zeerust gesteel. Foto: SAPD/Facebook

Die twee verdagtes is in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap die polisie in kennis gestel het.

Vyf vermeende veediewe is in twee afsonderlike voorvalle die afgelope week deur die Noordwes-polisie se veediefstaleenheid in hegtenis geneem.

In die eerste voorval verskyn twee verdagtes vandag (2/1) in die Lehurutshe-landdroshof op ’n aanklag van veediefstal nadat hulle met tien Bonsmaras van ongeveer R128 000 betrap is.

Die twee verdagtes van 47 en 48 jaar is in hegtenis geneem nadat lede van die gemeenskap die polisie in kennis gestel het. Die beeste is op die plaas Palmietfontein in die omgewing van Zeerust gesteel.

 ‘Drie beskuldigdes is op borgtog van R1 000 elk vrygelaat’

In die tweede voorval is drie beskuldigdes Donderdag (28/12) op borgtog van R1 000 elk vrygelaat nadat hulle ook in die Lehurutshe-landdroshof op aanklag van veediefstal verskyn het.

Itireleng Lefutswe (41), Thapelo Matladi (27) en Omphile Lethoko (23) is die dag tevore in Dinokana buite Zeerust in hegtenis geneem nadat inwoners opgemerk het hoe hulle ses beeste wat reeds gebrandmerk is, nuwe brandmerke gee. Hulle is dopgehou totdat hulle die beeste in 'n sleepwa wat deur ’n wit Toyota-bakkie getrek is, gelaai het.

Die polisie het vyf vermeende veediewe aangekeer. Foto: SAPD

Die polisie het die verdagtes langs die Mangope-hoofweg in Lehurutshe voorgekeer en in hegtenis geneem nadat hulle nie rekenskap van die beeste kon gee nie. Die twee regmatige eienaars van die beeste van R80 000 is opgespoor en die beeste is aan hulle terugbesorg.

Die beskuldigdes sal na verwagting weer op 14 Februarie in dieselfde hof verskyn.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.