Central SA
Brandvlei-tiener vermoor op Oujaarsdag─── HEIDRÈ MALGAS 10:37 Thu, 04 Jan 2024
“Green het Saterdagaand ’n danspartytjie by die sportterrein bygewoon.”
Die polisie in Brandvlei in die Noord-Kaap ondersoek ’n moordsaak nadat die liggaam van Hesty-Ann Green (18) Sondagoggend (31/12) deur ’n verbyganger in ’n verlate gebou ontdek is.
Green het die vorige aand ’n danspartytjie by die sportterrein bygewoon en nooit weer na haar huis teruggekeer nie.
‘Niemand is nog in hegtenis geneem nie’
Die polisie wag nog vir die verslag van die lykskouing om te bepaal hoe sy dood is en of sy verkrag is, sê Molefi Shemane, polisiewoordvoerder. “Niemand is nog in hegtenis geneem nie en die ondersoek duur voort.”
Enigeen met meer inligting oor die moord kan die polisie bel by 082 448 6802, die Stop Misdaadnommer by 08600 10111 of stuur anonieme wenke per SMS na 32211. Die MySAPS app kan ook gebruik word. Alle inligting sal vertroulik hanteer word.
OFM Nuus dg dg
