On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Saak teen vermeende moordenaars van Bloemfonteinse tiener uitgestel

───   HEIDRÈ MALGAS 09:07 Tue, 09 Jan 2024

Saak teen vermeende moordenaars van Bloemfonteinse tiener uitgestel | News Article
Die vermeende moordenaars van ’n tienermeisie van Bloemfontein. Foto: FS Online Channel Plus

“Ons is verlig dat die twee verdagtes in aanhouding sal bly. Die gemeenskap is steeds geskok deur verlede jaar se skrikwekkende moord op Machaka Radebe.”

Die vermeende ontvoerders en moordenaars van ’n tienermeisie van Bloemfontein bly in aanhouding tot hulle borgtogaansoek komende Maandag (15/1).

OFM Nuus het vantevore berig Machaka Radebe se liggaam is in Fase 2 gevind, twee dae nadat haar gesin haar as vermis aangemeld het. Inwoners het intussen hul kommer uitgespreek oor die hoë voorkoms van die ontvoering van en moord op meisies en vroue in die Vrystaatse hoofstad.

Ntlantla Wiseman (28) en Lehlohonolo Rankuoatsana (40) word beskuldig van die moord op Machaka. Rankuoatsana word intussen verbind met OTM-rooftogte, berig Free State World. Die gewese veiligheidswag het op 6 November in die Bloemfonteinse landdroshof voorgekom vir beweerde diefstal van R570 000 by verskeie OTM’s in Bloemfontein.

Patricia Kopane, ActionSA se Vrystaatse provinsiale voorsitter, sê hulle verwelkom die Bloemfonteinse landdros se besluit in Desember om die twee verdagtes se borgaansoek te weier. “Ons is verlig dat die twee verdagtes in aanhouding sal bly. Die gemeenskap is steeds geskok deur verlede jaar se skrikwekkende moord op Machaka Radebe.”

Die verdagtes bly in aanhouding hangende hul borgtogaansoek.

OFM Nuus/Heidre Malgas cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.