On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Potchefstroom-egpaar weer in hof ná hond huishulp se gesig skend

───   ZENANDE MPAME 10:40 Tue, 09 Jan 2024

Potchefstroom-egpaar weer in hof ná hond huishulp se gesig skend | News Article
Chandré Mostert en Marno Mostert terug in die Potchefstroom hof. Foto: Wouter Pienaar/Potchefstroom Herald

“Die rede vir die uitstel was ’n foutiewe opname-toestel.”

’n Egpaar van Potchefstroom wat van nalatigheid ingevolge die Wet op Dieresake aangekla word, is Dinsdag (9/1) en Woensdag terug in die Potchefstroomse landdroshof nadat hul saak op 6 November uitgestel is weens foutiewe opnametoerusting.

Amerikaanse veghonde, wat aan Marno en Chandré Mostert behoort, het in Januarie 2022 hul huishulp Dipuo Kokolosi (48) aangeval. Sy het diep bytwonde aan haar gesig en elders aan haar liggaam opgedoen.

’n Buurman het haar gille gehoor en gehaas om te help. Toe hy ’n waarskuwingskoot afvuur, het die honde op hom afgestorm. Hy moes die honde noodgedwonge doodskiet om sy en Kokolosi se lewe te red.

Kokolisi sal middel Januarie 'n operasie ondergaan om haar neus kosmeties te herstel. Foto: Wouter Pienaar

“Dit is van kardinale belang om hofverrigtinge op te neem om ’n presiese rekord te hê in geval van ’n daaropvolgende hersiening of ’n appèl,” sê regskenner Johan Nortjé.

Joseph Modise, Kokolosi se broer, het sy suster die afgelope twee jaar hof toe vergesel, maar kla oor die koste om telkens van Bloemhof na Potchefstroom te reis. “Dit kos ons ongeveer R3 000 heen en weer,” het Modise ná die vorige hofverskyning gesê.

Modise het ook genoem dat sy suster Maandag 15 Januarie nog ’n operasie sal ondergaan, dié keer om haar neus kosmeties te herstel.

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.