On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Vaaldriehoek-polisie soek verdagte ná kleuter se moord

───   ZENANDE MPAME 11:39 Tue, 16 Jan 2024

Vaaldriehoek-polisie soek verdagte ná kleuter se moord | News Article
Retshidisitswe Mahlangu (2). Foto: Vaalweekblad

“ ’n Saak van moord is geopen en die polisie soek na die verdagte.”

Die polisie in die Vaaldriehoek ondersoek ’n moordsaak nadat die lyk van ’n tweejarige kleuter Vrydag (12/1) in ’n vervalle gebou in Vereeniging gevind is. Hulle soek ook na die verdagte.

Die liggaam van Retshidisitswe Mahlangu is in die verlate gewese Vereeniging-hospitaal gevind. Sy is gevind met ’n mes wat nog in haar kop vasgesit het, en haar maag is oopgesny. Paramedici het haar op die toneel dood verklaar.

“ ’n Saak van moord is geopen, en die polisie is op soek na die verdagte. Met hulle aankoms het die polisie die kleuter met steekwonde gevind,” sê Mavela Masondo, Gautengse polisiewoordvoerder.

‘Polisie in die Vaaldriehoek ondersoek ’n moordsaak’

Vaalweekblad berig Nthabiseng Mahlangu (25) het haar dogter by haar vriendin gelos toe sy dorp toe was aangesien hulle gewoonlik mekaar se kinders oppas. Sy was verbaas om haar vriendin in die dorp te sien en het gevra waar sy die kinders gelos het. Die vriendin het gesê sy het hulle by die huis gelos.

Die ma (25) het haar huis toe gehaas om te vind dat haar dogter vermis word. ’n Soekgeselskap is vinnig deur inwoners bymekaargekry, en later is haar lewelose liggaam in een van die leë vertrekke van die gebou gevind.

“Die polisie doen ’n beroep op enigiemand met inligting wat kan help met die ondersoek, of help om die verdagte aan te keer, om asseblief die naaste polisiekantoor te kontak.”

OFM Nuus/Zenande Mpame cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.