On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vermeende dief in Noord-Kaap vasgetrek

───   08:37 Sun, 21 Jan 2024

Vermeende dief in Noord-Kaap vasgetrek | News Article

“Die boeregemeenskap is vir hul bystand en samewerking geloof in hierdie gesamentlike bekamping van misdaad.”

'n Man (40) is Vrydag omstreeks 23:20 deur Deben SAPD-lede naby Kathu in die Noord-Kaap weens beweerde diefstal in hegtenis geneem.

’n Plaaseienaar het ’n wit dubbelkajuit Isuzu-bakkie met sakke sement agterop gesien, die voertuig gestop en die polisie dadelik in kennis gestel.

Met hul aankoms op die toneel het die polisie ’n bewys van aankope gevra, wat die bestuurder versuim het om te verskaf.

Hy is vir beweerde diefstal in hegtenis geneem en daar is op 32 sakke sement en ’n bakkie beslag gelê.

Die SAPD-bestuur het die Deben SAPD-lede geprys vir hul vinnige reaksie en ook die boeregemeenskap vir hul bystand en samewerking geloof in hierdie gesamentlike bekamping van misdaad.

Die verdagte sal binnekort in die Kathu-landdroshof verskyn op aanklag van diefstal.

OFM Nuus cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.