On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Central SA

Raaisel oor jong man van Meyerton se skietdood

───   08:52 Tue, 23 Jan 2024

Raaisel oor jong man van Meyerton se skietdood | News Article
Lazaro de Bruyn en sy ma, Karien. Die foto is in 2020 geneem. Foto: Facebook/Karien de Bruyn

“Sy liggaam is die volgende dag met ’n skietwond in die Goeiehoek-omgewing gevind.”

Die polisie ondersoek die moord op ’n jong man van die Vaaldriehoek wie se liggaam twee weke gelede met ’n skietwond in die omgewing van Goeiehoek buite Vereeniging gevind is.  

Lazaro de Bruyn (19) het volgens sy Facebook-blad opleiding as ’n lyfwag ontvang. Hy was ’n aktiewe lid van die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF). Sy verdwyning en dood hou egter nie verband met GPF-aktiwiteite nie, sê Kobus Hoffman, Gautengse VF Plus-wetgewerlid.

Lazaro se ma, Karien de Bruyn, werk vir die VF Plus op Meyerton.

Lazaro (links) het opleiding as ’n lyfwag ondergaan. Dié foto is tydens ’n opleidingsessie geneem. Foto: Facebook/Lazaro de Bruyn

Hoffman sê die polisie wag nog vir die uitslae van die lykskouing. “As daardie inligting bekend raak, sal die ondersoek se momentum optel.”

Vaalweekblad berig Lazaro het op Woensdag 10 Januarie vermis geraak. Sy ligggaam is die volgende dag in die omgewing van Goeiehoek gevind. Tebogo Lephoto, polisiewoordvoerder, het bevestig dat Lazaro geskiet is.

“Geen verdagtes is nog in hegtenis geneem nie en die motief vir die moord is onbekend.” 

Enigeen met inligting wat tot die inhegtenisneming van die verdagte(s) kan lei, kan die Stop Misdaad-nommer by 08600 10111 bel of die MySAPS-app gebruik om inligting vertroulik te deel.

OFM Nuus/Christine van der Westhuizen dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.