Central SA
Potchefstroom spog met die beste matrikulant in Noordwes─── DANE BEISHEIM 09:14 Tue, 23 Jan 2024
Wian Landman van Potchefstroom Gimnasium is aangewys as die beste matrikulant in Noordwes.
Potcehfstroom se Wian Landman spog met 'n algehele persentasie van 94% in sy matriekeksamen.
Wian, wat sewe onderskeidings behaal en al sy vakke met onderskeidings geslaag het, het met OFM se Dane Beisheim gesels oor sy vooruitsigte vir hierdie nuwe fase van sy lewe, uitdagings wat matrikulante ervaar en hoe om jou studies suksesvol te benader.
Potchefstroom se topskole met ’n 100%-slaagsyfer is Hoërskool Ferdinand Postma en The High School for Girls Potchefstroom. Potchefstroom Herald berig die provinsie het 'n algehele slaagsyfer behaal van 81,63%.
