On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Help Virginia-polisie om familie van oorledenes te vind

───   14:45 Thu, 25 Jan 2024

Help Virginia-polisie om familie van oorledenes te vind | News Article
Die eerste oorledene se liggaam is deur ’n veewagter by die Saaiplaas-slikdam gevind.

Niemand het na vore gekom om hulle te identifiseer nie.

Die polisie van Virginia in die Noord-Vrystaat versoek die gemeenskap om familielede van twee oorledenes te help opspoor. Twee onbekende mans is gedurende 2023 in ’n ontbinde toestand by Virginia gevind.

Die eerste oorledene se liggaam is Donderdag 26 Januarie 2023 omstreeks 13:45 deur ’n veewagter by die Saaiplaas-slikdam gevind. Die polisie is toe in kennis gestel.

Met hul aankoms op die toneel het die polisie die liggaam van ’n man gevind wat in ’n ontbinde toestand was. Die oorledene het ’n oefenbroek aangehad, maar geen hemp of skoene nie. Hy is sowat 1,7 meter lank, sonder hare en sy gelaat kon nie bepaal word nie.

‘Hul liggame is steeds by die staatslykhuis in Welkom’

Die tweede liggaam van ’n man is Sondag 3 September 2023 omstreeks 11:40 by die Tikwerivierbrug gevind deur ’n persoon wat by die brug gaan bid het. Die polisie is in kennis gestel. Die man het ’n swart denim en groen Springbok-hemp aangehad en was sonder skoene. Hy is ongeveer 1,7 meter lank met kort, swart hare.

Die twee oorledenes se liggame is steeds by die staatslykhuis in Welkom en niemand het na vore gekom om hulle te identifiseer nie.

Enigiemand met inligting wat sal help om familielede op te spoor kan Teboho Mohapi van die Virginia-speurdienste bel by 071 794 9665 of 082 455 6050. Die Stop Misdaadnommer is 08600 10111 of wenke kan anoniem op die MySAPS app geplaas word.

OFM Nuus cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.