On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Tiener verdrink op Barkly-Wes

───   ZENANDE MPAME 15:40 Fri, 26 Jan 2024

Tiener verdrink op Barkly-Wes | News Article
Foto: OFM News

“Die polisie ondersoek die omstandighede wat tot hierdie ontdekking gelei het en ’n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal.”

Die polisie het ’n geregtelike doodsondersoek geopen nadat die liggaam van ’n 13-jarige seun Woensdag (24/1) in De Beers Hoogte, Barkly-Wes, in ’n watervoor gevind is.

’n Gemeenskapslid het aan OFM Nuus gesê dit is die tweede kind in minder as vyf jaar wat in die gat verdrink. Die kinders het na bewering ingeduik om af te koel.

“Dit is nie ’n dam nie maar ’n gat vol reënwater wat met die jare ál groter word, en wanneer dit warm is, swem kinders in die water,” het die inwoner gesê.

‘Dwelmgebruikers het die heining gesteel’

“Daar was ’n heining om die kinders te keer om te swem, maar dit is onlangs deur dwelmgebruikers gesteel en die gat is weer toeganklik gemaak. Dis hoekom kinders weer daar swem.”

Die omstandighede rondom dié ontdekking word deur die polisie ondersoek en ’n lykskouing sal gedoen word om die oorsaak van dood te bepaal, sê Timothy Sam, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder. “Die ondersoek na die saak duur voort.”

Die Noord-Kaapse polisie het intussen veiligheidswenke uitgereik om verdrinking te voorkom ná die onlangse verdrinkings in die provinsie.

Nog veiligheidswenke wat deur die Noord-Kaapse polisie uitgestuur is. Picture: SAPS 

• Gedurende warm somermaande moet kinders vermy om kanale en selfs rioolaanlegte te besoek aangesien dit ’n ernstige risiko inhou.

• Ouers moet altyd weet waar hulle kinders is.

• Bly weg van swembaddreine, watergate, riviere en damme.

• Moet nooit swem wanneer jy onder die invloed is, of sterk medikasie of dwelms gebruik het nie.

• Moet nooit in die water spring om ’n vriend te red nie.

• Verdrinkings moet by die polisie aangemeld word aangesien riviere en damme gevaarlik is weens stortreën in sommige dele van die provinsie.

• As iemand verdrink het, bel die naaste polisiekantoor en gee presiese besonderhede en die ligging aan die polisie sodat hulp vinnig gestuur kan word.

OFM Nuus/Zenande Mpame dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.