On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
Show Background
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret and John
Listen Live Streams

Central SA

Vrystaat-polisie fnuik wapenverkope aan Lesotho-burgers

───   15:46 Fri, 26 Jan 2024

Vrystaat-polisie fnuik wapenverkope aan Lesotho-burgers | News Article

“Die drie verdagtes is in die huis betrap met vuurwapens en ammunisie onder ’n duvet op ’n bed.”

Drie verdagtes is aangekeer wat na bewering van plan was om wapens wat hulle op ’n plaas in die distrik Wesselsbron gesteel het, aan burgers van Lesotho te verkoop. 

Polisiebeamptes van Seloshesha by Thaba Nchu en lede van Welkom se taktiesereaksiespan het van Woensdagnag (24/1) tot Donderdagmiddag inligting opgevolg toe een van die wetstoepassers sy eie voertuig gebruik het om ’n woning te nader in die woonbuurt Dipompong Monyakeng op Wesselsbron, sê Stephen Thakeng, Vrystaatse polisiewoordvoerder.

Die polisie het beslag gelê op dié wapens wat in Wesselsbron gesteel is. Foto verskaf

“Die drie verdagtes is in die huis betrap met vuurwapens en ammunisie onder ’n duvet op ’n bed. Een van die verdagtes het ’n .357-rewolwer by hom gehad. Geeneen van die drie het ’n lisensie om vuurwapens of ammunisie te besit nie.”

Thakeng sê die verdagtes (33, 34 en 41) woon almal op Wesselsbron. Beslag is gelê op ’n haelgeweer, jaggewere, ’n rewolwer en talle rondes ammunisie.

Die wapens en ammunisie was onder ’n duvet weggesteek. Foto verskaf

Die verdagtes verskyn binnekort in Wesselsbron se landdroshof.    

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.