On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

92 padsterftes gedurende feestyd in Noordwes aangeteken

───   14:07 Tue, 30 Jan 2024

92 padsterftes gedurende feestyd in Noordwes aangeteken | News Article
Sello Lehari het die Noordwes se statistieke bekend gemaak. Foto: Joba Matsheng

"Ons rig ’n waarskuwing aan motoriste dat die elite provinsiale verkeerseenheid, die Arende, beslissend sal optree teenoor alle verkeersoortreders.”

Die Departement van Gemeenskapsveiligheid en Vervoerbestuur in Noordwes het aangedui dat 92 sterftes in die feestyd op paaie in die provinsie aangeteken is.

Sello Lehari, die LUR, het die provinsie se statistieke van 1 Desember tot 11 Januarie bekendgemaak. Hy het genoem dat ongeveer 113 ongelukke aangeteken is, wat 2% minder is as in 2022. Daar was vyf tromopop-botsings.

Hy sê van die faktore wat bydra tot die toename in sterftes, is oormatige drinkery, spoed en roekeloosheid.

Sello Lehari het die Noordwes se statistieke van 1 Desember tot 11 Januarie bekend gemaak. Foto: Joba Matsheng

Lehari sê 38 mense wat hul lewe verloor het, was voetgangers en hulle is meestal in die nag raakgery.

OFM Nuus het verneem dat oortredings waarvoor padgebruikers swaar gestraf is, verkeersoortredings insluit, die vervoer en smokkel van items waarop daar nie invoerbelasting betaal is nie, asook onpadwaardige voertuie.

"Ons rig ’n waarskuwing aan motoriste dat die elite- Provinsiale Verkeerseenheid, die Arende, beslissend sal optree teenoor alle verkeersoortreders, insluitend misdadigers wat hulle as wetstoepassers voordoen, en diegene wat spykers in die pad van niksvermoedende motoriste strooi,” sê Lehari.

Vier van die mense wat in die tydperk in Noordwes op die paaie gesterf het, is nog nie uitgeken nie.

OFM Nuus/Joba Matsheng cg/dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.