On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Central SA

Hartseer oor vermiste Stoffel van Potchefstroom duur voort

───   ELSABÉ DE JAGER 10:15 Wed, 31 Jan 2024

Hartseer oor vermiste Stoffel van Potchefstroom duur voort | News Article
Stoffel was van die eerste dag af koning van die huis. Foto verskaf

"Ek wens met my hele hart ek kon vir jou sê hy is veilig tuis, maar ongelukkig soek ons steeds na hom," sê Katinka.

“Skielik is hy nie daar om styf teen ons te kom lê nie. Ons kind is gesteel; hy sou nooit wegloop nie, nooit.”

Vir Katinka en Derrick Lynch was die afgelope tien dae oneindig lank. Sedert hul lieflinghondjie, Stoffel, se verdwyning op Sondagaand (21/1), in Dassierand, Potchefstroom, het hul nog nie vir ’n oomblik tot rus gekom nie.

Van dié negejarige Yorkshire-terriër is daar steeds geen spoor nie. Nadat Derrick vir Stoffel laataand laat uitgaan het vir ’n laaste draaitjie, het hy nie teruggekom nie. “Ek wens met my hele hart ek kon vir jou sê hy is veilig tuis, maar ongelukkig soek ons steeds na hom,” sê Katinka.

Katinka Lynch dink terug aan sy besoek saam met hulle by ’n dierevriendelike gastehuis. Foto verskaf

Sy en Derrick voel in hierdie moeilike tyd dankbaar vir die omgee van bekendes sowel as mense met wie hul pad vir die eerste gekruis het. Hulle ontvang daagliks boodskappe van weldoeners om te vra of ’n klein yorkie wat in die omgewing van Potchefstroom opgemerk is, nie dalk hul “bulletjie” is nie, sê dié hartseer honde-ma.

Stoffel was sedert sy babadae Derrick se skaduwee. Wanneer daar skoene aangetrek is of aan motorsleutels gevat is, het dié hondjie reeds by die deur gewag om saam te ry. “Ons mis daai lyfie vreeslik; skielik is daar niemand wat ons by die hek kom haal nie.” Katinka sê hulle mis ook sy uitbundigheid.

“My man het reeds begin afskeid neem, maar ek sal bly hoop,” sê sy. “Ek dink aan sy rugsakkie wat elke keer gepak is met sy eie waterbottel, kombersie, hondejassie en kos wanneer ons iewers gaan kuier het. Nooit het ons nege jaar gelede verwag dat hy so diep in ons hart sou inkruip nie.

Derrick en Katinka Lynch soek nou reeds vir 10 dae na hul klein bulletjie. Foto verskaf

Enigeen wat Stoffel sien, kan hulle dadelik bel by 083 657 2552 of 082 745 4689.

OFM Nuus/Elsabé de Jager dg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.