On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe kliniek op Schmidtsdrift kan gesondheidsprobleme help oplos

───   KEKELETSO MOSEBETSI 11:59 Wed, 31 Jan 2024

Nuwe kliniek op Schmidtsdrift kan gesondheidsprobleme help oplos | News Article

“Een van vele verbintenisse wat die Noord-Kaapse regering gemaak het wat hul visie demonstreer om gesondheidsorgdienste te transformeer.”

Die Noord-Kaapse regering wend voortgesette pogings aan om gesondheidsorg in die provinsie te verbeter.

Premier Zamani Saul het saam met Maruping Lekwene, LUR vir Gesondheid, die eerste sooi gespit vir die nuwe kliniek op Schmidtsdrift, sowat 70 km wes van Kimberley.

Premier Zamani Saul het die eerste sooi gespit vir die nuwe kliniek op Schmidtsdrift. Foto: Facebook

Lekwene het gesê dit is een van vele verbintenisse wat deur die provinsiale regering gemaak is wat hul visie toon om gesondheidsorgdienslewering te transformeer en ook die gehalte van toeganklike en responsiewe dienste te verbeter om universele gesondheidsdekking deur die Nasionale Gesondheidsversekering te verkry.


“Ek het vir die LUR gesê ek soek kinders van Schmidtsdrift wat opleiding moet kry as verpleegsters,” het Saul gesê. “Ek kom van ’n klein dorpe – net so klein soos Schmidtsdrift. Daar het ons ’n kliniek wat die regering gebou het. En daar by die kliniek het ons vier verpleegsters – almal kinders van Petrusville.”

Lekwene het in April 2023 erken dat die gesondheidstelsel in die provinsie uitdagings in die gesig gestaar het, soos ’n tekort aan verpleegsters en dokters, ou infrastruktuur en ’n tekort aan EMS-gesondheidswerkers. Dít nadat die Demokratiese Alliansie (DA) in die Noord-Kaap die Departement van Gesondheid onder die loep geneem het vir ’n gebrek aan operasionele ambulanse in die provinsie.

In sy laaste begrotingsrede wat hy in Junie verlede jaar gelewer het, het Lekwene onthul die departement het R425 miljoen vir mediese nooddienste, spesiale operasies, beplande pasiëntvervoer en rampbestuurdienste in die provinsie bewillig.

Die provinsie het sedertdien ’n noodvloot aangeskaf om gesondheidsdienste te verbeter.

Intussen het Lekwene gesê die Schmidtsdrift-kliniek sal beskik oor personeelverblyf – tweeslaapkamereenhede – om die beskikbaarheid van akkommodasie te verseker en om ’n EMS-basis te behou. Dit sal die konstante beskikbaarheid van ’n ambulans verseker wat betyds sal kan reageer.

OFM Nuus/Kekeletso Mosebetsi cw/cg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.