On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Noord-Kaapse polisie trek Somaliërs vas, vind gesteelde geld

───   14:23 Wed, 31 Jan 2024

Noord-Kaapse polisie trek Somaliërs vas, vind gesteelde geld | News Article
Die polisie het ook beslag gelê op dié voertuig. Foto: SAPD

Toe die motor stop het ’n verdagte uitgespring en weggehardloop terwyl hy op die polisielede geskiet het.

Danksy die oplettendheid en vinnige reaksie van die Colesberg-hoofwegpatrollie is drie Somaliërs op die N1-hoofweg in hegtenis geneem. Daar is  beslag gelê op geld, wat kort tevore in die Oos-Kaap geroof is.

“Die hoofwegpatrollielede is (Dinsdag) deur die polisie van Graaff-Reinet verwittig van ’n voertuig wat betrokke was in ’n gewapende rooftog op Kinkelbos in die Oos-Kaap, waartydens ’n onbekende bedrag geld geroof is,” sê Mashay Gamieldien, Noord-Kaapse polisiewoordvoerder.

Hulle het ’n silwer VW Polo gesien wat gepas het by die beskrywing van die voertuig wat in die rooftog gebruik is en daarin geslaag om die motor voor te keer.

 ‘Die polisie het teruggeskiet en die verdagte gewond’

Toe die motor stop het ’n verdagte uitgespring en weggehardloop, terwyl hy op die polisielede geskiet het.

“Die twee verdagtes in die motor is in hegtenis geneem en die beseerde verdagte het mediese behandeling ontvang vir sy besering, wat nie ernstig was nie. Die polisielede is nie beseer nie nie.”

Die polisie het ook beslag gelê op vyf selfone, ’n magasyn met ammunisie, ’n patroon, asook op die motor om dit in ’n misdaad gebruik is. 

“Die drie verdagtes sal Donderdag (1/2) in die Colesbergse landdroshof verskyn op aanklagte van poging tot moord, die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en peuter met ’n nommerplaat.”

Koliswa Otola, Noord-Kaapse polisiekommissaris, het die polisie geloof vir hul flinke optrede en die lede van Bloemfontein se K9-eenheid bedank vir hul hulp.

OFM Nuus dg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.