Central SA
Onwettige drankverkope in Noord-Kaap gestuit─── 08:18 Sat, 03 Feb 2024
’n Streng waarskuwing is uitgereik teen die onwettige handel in drank, insluitend tuisgemaakte drank wat onder meer vanuit snoepies en ander ongelisensieerde persele verkoop word.
Die polisie in Upington het Donderdag (1/2) inligting ontvang van beweerde onwettige drankverkope in die Lambrechsdrift-omgewing.
Hulle het danksy dié inligting ’n klopjag uitgevoer. Tydens die soektog het hulle onder meer musiektoerusting, swembadspeletjies en drank ter waarde van R6 150 gevind.
Die polisie het beslag gelê op al die drank. Die 39-jarige eienaar is in hegtenis geneem en van die oortreding van die Noord-Kaapse Drankwet aangekla. Die verdagte sal na verwagting Vrydag (9/2) in die hof verskyn, het polisiewoordvoerder Omphile Masegela gesê.
Die polisie in die ZF Mgcawu-distrik het ’n streng waarskuwing uitgereik teen die onwettige handel in drank, insluitend tuisgemaakte drank wat onder meer vanuit snoepies en ander ongelisensieerde persele verkoop word.
OFM Nuus cg
